Oos Kaap Laat Herfs (Boek 4 van Reeks 3)
Vickie Strauss was nog nooit goed met reëls nie. Sy leef vinnig, praat voor sy dink en beland met verstommende gemak in die moeilikheid. Maar agter haar ondeunde glimlag skuil foute uit haar verlede wat sy nie vir altyd kan wegsteek nie.
Renier Geldenhuys is haar teenoorgestelde - standvastig, verantwoordelik en heeltemal te bewus daarvan dat Vickie Strauss die soort vrou is wat 'n man se rustige lewe behoorlik deurmekaar kan krap.
Wat tussen hulle begin as terg, botsings en onweerstaanbare aantrekkingskrag, groei stadig in iets wat nie een van hulle verwag het nie. Maar wanneer Vickie se verlede haar inhaal, moet sy vir die eerste keer ophou weghardloop en self kies waar haar hart hoort.
Renier wil haar nie verander nie.
Hy wil haar nie tem nie.
Hy wil net die man wees vir wie sy uit haar eie kies om te bly.
Laat Herfs - 'n romantiese verhaal oor tweede kanse, grootword sonder om jouself te verloor, en 'n liefde wat nie 'n wilde hart toesluit nie... maar vir haar 'n hekkie oopmaak.